Byeboerdery

Byeboerdery, tacuinum sanitatis casanatensis (14de eeu)
Heuningsoeker geskets op 'n 15 000 jaar oue grotskildery naby Valencia, Spanje.[1]

Byeboerdery (of byeteelt) is mense se doelbewuste onderhouding van heuningby-kolonies, wat oorwegend in korwe plaasvind. 'n Byeboer (of byekundige) mag bye aanhou om heuning en byewas te versamel, of vir die doel om landbou-oeste te bestuif, of om bye te kweek vir verkoop aan ander byeboere. Bye word aangehou in 'n byehuis of in 'n byekamp.

  1. Traynor, Kirsten. "Ancient Cave Painting Man of Bicorp" (Web article) (in Engels). MD Bee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 12 Maart 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy